Agtergrond
Daar bestaan 'n behoefte aan ondersteuning en hulp aan pasiënte. Die pasiënt is dikwels ver van sy
ondersteuningsnetwerk (familie en vriende) en bevind homself in 'n vreemde omgewing. Vanweë die
pasiënte se siektetoestand word hul skielik afhanklik van ander en is op ander aangewese vir hul
algemene versorging. Die pasiënte kan vanweë hul siektetoestand nie hul verpligtinge by hul huise
nakom nie en is dikwels bekommerd oor hul gesin. Die aard van die siekte, mediese behandeling, die
tydperk van hospitalisasie, bekommernisse oor die gesin wat by die huis agtergelaat is en die
finansiële implikasie van hospitalisasie, kan aanleiding gee tot vrees en angs by die pasiënt.
Doel van die Program
Engo se Hospitaalsorgprogram stel dit ten doel om pasiënte en hulle families te besoek en met die
Woord te bedien sodat hulle (volgens Romeine 15:4) deur bemoediging uit die Skrif hoop kan hê.
Omvang van Dienslewering
Daar is dienste in Bloemfontein en in Kroonstad. Die bedieningspan besoek pasiënte op 'n daaglikse
basis in die volgende hospitale in Bloemfontein; Mediclinic, Life Rosepark, Universitas Akademiese
Hospitaal, Universitas Netcare en Nasionale Hospitaal en in Kroonstad: die Kroon Hospitaal,
Boitumelo Hospitaal asook ouer persone in die sentrum vir bejaardes en wat tuisversorging ontvang.
Krisisgevalle word op 'n roepbasis gedurende naweke hanteer.
Pasiënte in ander gesondheidsorganisasies word ook op versoek besoek. Tydens besoeke aan pasiënte
word daar werklik gepoog om die liefde en genade van God aan hul oor te dra ten einde so hoop te
bring aan die pasiënt en hul geloof te versterk.
Spesifieke hulp is nodig by Hospitaalsorg vir die volgende:
- Geestelike versorging van mense wat deur Hospitaalsorg ondersteun word.
- Fondswerwing.
- Bid vir die werksaamhede van Hospitaalsorg
Kontakbesonderhede
Posadres: Posbus 12552, Brandhof, 9324
Straatadres: 22 Van Heerdenweg, Wilgehof, Bloemfontein
Tel: 051 407 7234
Faks: 051 525 2015
Epos:
info@engo.co.za