Eternal hope Ewige hoop Tshepo esafeleng
ENGO is ‘n nie-winsgewende en nie-regeringsorganisasie wat hulp verleen en hoop skep in die lewens van mense. Dit is ‘n Christelike organisasie wat fokus op die versorging van kinders, bejaardes, gesinne, persone met gestremdhede en pasiënte in nood.
Daar is 34 kinder- en jeugsorgsentrums, 20 bejaardesorgsentrums, 11 gesinsorgkantore, 2 kantore vir persone met gestremdhede en 6 ondersteuningskantore vir hospitaalsorg is in die Vrystaat gevestig.
Engo lewer voorkomings-, beveiligings,-, versorgings-, opvoedings-, ontwikkelings- en behandelingsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe.