Tel: 051 407 7222
Volg ons
ENG
AFR

Vrouedag 5 Augustus 2017

  • Tuis
  • Vrouedag 5 Augustus 2017

Vrouedag 5 Augustus 2017

Saterdag, 5 Augustus 2017 was ‘n oggend met ‘n nuwe tema vir die lewe, “Jou nuwe seisoen”.  Dit was die tema van die Engo Vroueogged wat by Warm Karoo aangebied was.

Rulani Rossouw het die oggend geopen met die teksvers 2 Korintiërs 5:17 “Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ‘n nuwe skepping.  Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!” Elke dame is die oggend laat voel soos ‘n skoenlapper wat hulle vlerke vir die eerste keer sprei.

Dr Lizelle Nel het ons almal bietjie dieper laat dink oor dit wat ons in ons lewe wil bereik, met die tyd wat ons het, en wat ons wil nalaat.  Soos die lied deur Charlize Berg wat sy gespeel het, "Soen 'n bietjie stadiger, lag 'n bietjie harder, lief 'n bietjie dieper & beter, as jy weet verseker, Sê 'n bietjie meer hoe jy voel, druk 'n bietjie harder, lief 'n bietjie dieper en beter AS JY WEET VERSEKER DIS LIEFDE".  Elke vrou verdien ‘n seisoen van liefde, lag en geluk, maak seker jou seisoen is propvol van hierdie wonderlike ervaringe.

Die dames het ook ‘n heerlike “drumming” sessie gehad waar daar hope tyd was vir lag en speel.  Die aanbieders van Teambo weet beslis wat hulle doen en sorg dat daar nie een is wat uitvoel nie!

Warm Karoo het gesorg vir ‘n wondelike oggend met lip lekker kos en ‘n warm en ontspanne atmosfeer.  Die oggend sou nie moontlik wees sonder ons borge; Warm Karoo, Qwanticum, VoXomnia, House of Coffee, Derma Puur, Mimosa Mall, CUM books, Intiem Tydskrif, Finesse Tydskrif en Makro.

Fotos

Photos

Eternal hope Ewige hoop Tshepo esafeleng

Kontak Ons
  • Straatadres: van Heerdenweg 22, Wilgehof, Bloemfontein
  • Posadres: 12552, Brandhof, 9324
  • Tel: (051) 407 7222
  • Faks: (051) 525 2015
  • Epos: info@engo.co.za
Engo - Ewige hoop

ENGO is ‘n nie-winsgewende en nie-regeringsorganisasie wat hulp verleen en hoop skep in die lewens van mense. Dit is ‘n Christelike organisasie wat fokus op die versorging van kinders, bejaardes, gesinne, persone met gestremdhede en pasiënte in nood.

Daar is 34 kinder- en jeugsorgsentrums, 23 bejaardesorgsentrums, 14 gesinsorgkantore, vier kantore vir persone met gestremdhede en ses ondersteuningskantore vir hospitaalsorg is in die Vrystaat gevestig.

Engo lewer voorkomings-, beveiligings,-, versorgings-, opvoedings-, ontwikkelings- en behandelingsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe.

Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio.
© 2017. Engo. All right reserved.
Admin login