Tel: 051 407 7222
Volg ons
ENG
AFR

Vir Ons Kinders 2017

  • Tuis
  • Vir Ons Kinders 2017

Vir Ons Kinders 2017

Die Vrystaat Jeugsorgsentrums is ‘n nie-winsgewende organisasie wat kinders voltyds versorg wat deur die Kinderhof van hulle ouerhuise verwyder is omdat hulle `n behoefte het aan sorg en beskerming.

Engo het R1933 per maand of R66.45 per dag nodig om aan al die behoeftes van ‘n kind te voorsien. Dit sluit kos, klere, vervoer, medies en onderwys in. Dit sluit personeelsalarisse uit.

Daar word meer as 800 kinders tussen die ouderdom van 0 en 18 jaar in 34 Jeugsorgsentrums en huise regoor die Vrystaat versorg.  Die sentrums en huise skep ‘n huislike atmosfeer vir kinders en is geleë binne die gemeenskap.  Die doel is om kinders binne die gemeenskap te laat inpas.   Daar word ook addisioneel hulp verleen aan ongeveer 3 000 kinders wat in risiko omstandighede leef. 

Die Staat voorsien in sowat 60% van begrotingsbehoeftes wat nodig is om die kinders te versorg.  Alle ander fondse moet deur insamelingsprojekte soos die “Vir Ons Kinders” Projek ingesamel word.

Die “Vir ons Kinders” Projek ten bate van die Vrystaat Jeugsorgsentrums.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Bekendstellingsfunksie

Dit is vanjaar Engo se 9de Vir Ons Kinders-projek. Wanneer ‘n kind by die Jeugsorgsentrum verjaar, hou ons ook graag partytjie en daarom is daar besluit om hierdie 9de Vir Ons Kinders-projek ook met ‘n partytjie af te skop.

Die Vir Ons Kinders-projek  is ‘n provinsiale fondsinsamelingsprojek waarby al die subprogramme van Engo dwarsoor die Vrystaat geleentheid kry om fondse vir hul spesifieke subprogram in te samel.  Hierdie afdelings is soos vlg: 

·         Engo Kinder- en Jeugsorg – daar is 34 Jeugsorgsentrums in die Vrystaat wat omsien na ongeveer 800 kinders per jaar;

·         Engo Bejaardesorg – daar is 20  Sentrums vir bejaardes in die Vrystaat;

·         Engo Gesinsorg – daar is 11 Kantore wat dienste lewer ;

·         Engo Gestremdesorg en

·         Engo Aannemingsdienste.

Deur ‘n donasie van R30 kaartjie word daar ‘n verskil gemaak op een van hierdie terreine.  Met ‘n donasie van die R30 kaartjie sê u ook:  Ek Gee Om.

·         Ek gee om vir die kind wat so seergekry het, dat hy/sy nog nooit werklik kind was nie

·         Ek gee om vir die gesin wat nie oor die middele beskik om genoeg kos op die tafel te sit of warm te gaan slaap nie

·         Ek gee om vir die bejaarde wie glad nie meer beheer oor enige van sy of haar funksies het nie

·         Ek gee om vir die gestremde persoon wat elke dag versorg moet word en

·         Ek gee om vir die ongebore baba wat hoop op ‘n gelukkige gesin

Engo is dankbaar vir borge wat reeds vir baie jare sê:  Ek Gee Om.  Ons drie hoofborge is:

·         Volksblad Sentrale Plaaslike koerante

·         Radio Rosestad

·         Imperial Bloemfontein

Kaartjies sal beskikbaar wees by al die subprogramme van Engo. 

Kry ‘n kaartjie van R30 en sê:  Ek Gee Om.

Photos

Radio Onderhoude

Radio Rosestad Interview (23 May 2017)

Radio Rosestad Interview 12 July 2017

Radio Rosestad interview 7 August 2017

Bloemskou 2017

ENGO se Vir Ons Kinders is trots om elke jaar deel te wees van die Bloemskou.  Hierdie jaar was ENGO in die Tulip Saal waar besoekers kaartjies kon kry vir die Chev Utility 1.4 vir ‘n donasie van slegs R30.

Baie dankie aan Bloemskou wat dit moontlik gemaak het vir ons om daar te wees!

Photos

Volksblad Kos & Kuns Mark

Die Vir Ons Kinders Projek is deel van die Volksblad Kos & Kunsmark.  Kaartjies vir die Chev Utility 1.4 bakkie is beskikbaar by die mark.  Maak seker jy besoek die mark op die volgende datums en gee jou donasie van R30 vir die kans op die ongelooflike bakkie.  Die volgende mark dae is: 29 Julie 2017, 26 Augustus 2017 en 23 September 2017.  Kry jou kaartjie voor die sluitingsdatum van 20 Oktober 2017.

Photos

Vrystaat Kunstefees

ENGO is by die Kunstefees!

Die Vir Ons Kinders Projek is by nommer 12 in die Laan….maak seker jy kom kuier en gee jou R30 donasie vir die kans om die Chevy Utility 1.4 te wen!

Maak ‘n draai, ontmoet vir OMGIE, ENGO se mascott en wys jy gee om met jou R30 donasie!

Sien jou daar.
 
 

Photos

Nuus - Belangrike datums en betalings

Engo is die grootste nie-regeringsorganisasie in die Vrystaat en bestaan uit 34 Kinder- en Jeugsorgsentrums, 20 Bejaardesorgsentrums en verskeie Maatskaplike dienste. Vele projekte word jaarliks aangepak om fondse vir kinders in nood in te samel. Die “Vir ons Kinders-projek” ten bate van Engo Vrystaat is een van die projekte. 

Die “Vir ons Kinders-projek” is Engo se ankerprojek wat elke jaar plaasvind en is ‘n groot inspuiting vir ons 34 Jeugsorgsentrums regoor die Vrystaat.  Met ‘n donasie van R30 staan jy dan ‘n kans om ‘n Chev Utility 1.4 bakkie ter waarde van R165 000 te wen.

Die sluitingsdatum van die kompetisie is 20 Oktober 2017. Vyf finaliste sal in November 2017 aangekondig word met die hulp van PWC en die finale trekkingsfunksie is dan op 1 Desember 2017.

Kaartjies is beskikbaar by alle Engo kantore en sentrums en lesers kan op Engo se webblad (www.engo.co.za) gaan kyk na waar ons sentrums geleë is.

Indien u buite die Vrystaat woon kan ‘n elektroniese betaling gedoen word om ‘n kaartjie te bekom.  Inbetalings kan gedoen word by:

ABSA Bank

Rekening naam:  Hoofbestuur van Jeugsorgsentrums in die Vrystaat

Tak kode: 633256

Rekening nommer: 4064988779

Verwysing:  VK – met u naam.

 

Stuur dan asseblief die bewys van betaling na info@engo.co.za met die volgende besonderhede om ons in staat te stel om die kaartjie vir u te voltooi en terug te stuur:

  1. U naam en van
  2. U adress
  3. U kontak nommer
 

Skakel gerus 051 407 7200 vir meer inligting of stuur gerus ‘n epos na info@engo.co.za

Die “Vir ons Kinders-projek” word moontlik gemaak met die samewerking van ons borge; Imperial Bloemfontein, Radio Rosestad en Volksblad Sentrale Plaaslike Koerante. 

Finaliste bekendgestel

ENGO se Vir ons Kinders-projek finaliste bekend gemaak

Die Vir Ons Kinders-fondsinsamelingsprojek ten bate van ENGO Vrystaat was die afgelope jaar vir die negende keer aangepak. Deur slegs `n R30 donasie te maak het ondersteuners `n kans gestaan om `n spinternuwe Chev Utility 1.4 te wen.  Ondersteuners het hierdie jaar by ‘n verkeidenheid plekke geleentheid gehad om ‘n donasie te maak en sodoende in te skryf vir die projek.  Die Vir Ons Kinders-projek was onder andere te sien by die Bloemskou, Vrystaat Kunstefees, Volksblad se Kos en Kunsmark, Westdene Parkmark, Ek love die Vrystaat, NG Kerk basaars en nog vele meer.  ENGO wil graag dankie sê vir die geleenthede om deel te kon wees van hierdie funksies.

ENGO is die grootste nie-regeringsorganisasie in die Vrystaat. Hulle hart is om kinders en gesinne in nood, bejaardes en gestremdes te versorg en hoop te gee. Engo Kinder- en Jeugsorg versorg  sowat 728 kinders tussen die ouderdom van 0 en 18 jaar, in 34 jeugsorgsentrums, regoor die Vrystaat.  Daar word ook addisionele hulp verleen aan ongeveer 3 000 kinders wat in risiko omstandighede leef.  

Die Vir Ons Kinders-projek sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van borge nie.  Vanjaar se borge was Imperial GM Bloemfontein, Radio Rosestad en Volksblad Sentrale Plaaslike Koerante.

Daar is altesaam 13 949 kaartjies teen R30 elk verkoop – ‘n bedrag van R418 470 is ingesamel.  Die vyf finaliste is met die hulp van PWC op 24 November 2017 getrek:

  • Elmien Putter van Bloemfontein
  • Trudie Papenfus van Harrismith
  • Jacques Greyling van Ladybrand
  • Marnus Schoonwinkel van Senekal en
  • Christiaan Potgieter van Cradock
Die vyf finaliste sal op Vrydag, 1 Desember 2017, teen mekaar staan tydens die finale trekkingsgeleentheid om die Chervrolet Utility 1.4 bakkie ter waarde van R165 000.00 te wen.

2017 Wenner

Die Vir Ons Kinders-fondsinsamelingsprojek ten bate van ENGO Vrystaat was die afgelope jaar vir die negende keer aangepak. Vrydag, 1 Desember was maar ’n spanningsvolle middag vir ons 5 finaliste.  Almal het gehoop dat hulle ballon die wen sleutel sou inhou maar ongelukkig kan daar net een wenner wees.

ENGO is trots om te sê dat die wenner van die Vir Ons Kinders-projek van 2017 is Jacques Greyling van  Ladybrand.

Die ander vier finaliste van die projek was; Elmien Putter van Bloemfontein, Trudie Papenfus van Harrismith, Marnus Schoonwinkel van Senekal en Christiaan Potgieter van Cradock.  Aan die finaliste wil ons graag dankie sê dat hulle deelgeneem het aan die projek. 

 

Daar is altesaam 13 949 kaartjies teen R30 elk verkoop – ‘n bedrag van R418 470 is ingesamel.  Die vyf  finaliste is met die hulp van PWC op 24 November 2017 getrek.

Die Vir Ons Kinders-projek sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van borge nie.  Vanjaar se borge was Imperial GM Bloemfontein, Radio Rosestad en Volksblad Sentrale Plaaslike Koerante.

Mag elke persoon wat ‘n donasie gemaak het vir ‘n kaartjie, altyd onthou dat sy of haar kaartjie HOOP aan ‘n kind of volwassene of bejaarde gee.

 

Photos

Eternal hope Ewige hoop Tshepo esafeleng

Kontak Ons
  • Straatadres: van Heerdenweg 22, Wilgehof, Bloemfontein
  • Posadres: 12552, Brandhof, 9324
  • Tel: (051) 407 7222
  • Faks: (051) 525 2015
  • Epos: info@engo.co.za
Engo - Ewige hoop

ENGO is ‘n nie-winsgewende en nie-regeringsorganisasie wat hulp verleen en hoop skep in die lewens van mense. Dit is ‘n Christelike organisasie wat fokus op die versorging van kinders, bejaardes, gesinne, persone met gestremdhede en pasiënte in nood.

Daar is 34 kinder- en jeugsorgsentrums, 23 bejaardesorgsentrums, 14 gesinsorgkantore, vier kantore vir persone met gestremdhede en ses ondersteuningskantore vir hospitaalsorg is in die Vrystaat gevestig.

Engo lewer voorkomings-, beveiligings,-, versorgings-, opvoedings-, ontwikkelings- en behandelingsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe.

Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio.
© 2017. Engo. All right reserved.
Admin login