Tel: 051 407 7222
Volg ons
ENG
AFR

Vir Ons Kinders 2016

  • Tuis
  • Vir Ons Kinders 2016

Vir Ons Kinders 2016

Die “Vir Ons Kinders” fondsinsamelingsprojek ten bate van Engo Vrystaat was die afgelope jaar vir die agste keer aangepak. Deur slegs `n R20 donasie te maak het ondersteuners `n kans gestaan om `n spinternuwe Spark Campus te wen.

Engo is die grootste nie-regeringsorganisasie in die Vrystaat. Hulle hart is om kinders en gesinne in nood, bejaardes en gestremdes te versorg en hoop te gee. Engo Kinder- en Jeugsorg versorg sowat 800 kinders tussen die ouderdom van 0 en 18 jaar, in 34 jeugsorgsentrums, regoor die Vrystaat. Daar word ook addisionele hulp verleen aan ongeveer 3 000 kinders wat in risiko omstandighede leef.

Die “Vir Ons Kinders” projek sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van borge nie. Vanjaar se borge was Imperial GM Bloemfontein, Radio Rosestad en Volksblad Sentrale Plaaslike Koerante.

Daar is altesaam 18 989 kaartjies teen R20 elk verkoop – ‘n bedrag van R379 000 is ingesamel. Die vyf finaliste is met die hulp van PWC op 9 Januarie 2017 aangekondig:

  • J. Kriel van Bloemfontein
  • J.G van der Linde van Kroonstad
  • June Peens van Reitz
  • Yolande Fouche van Welkom
  • Steph Bezuidenhoutd van Bloemfontein
Die finaliste het op Vrydag, 20 Januarie 2017, tydens `n trekkingsgeleentheid by Imperial GM Bloemfontein gewedywer om die Chervrolet Spark Campus ter waarde van R134 700. Hulle het elk `n balon gekies waarin `n sleutel was. Net een van die vyf sleutels in die balonne kon die Spark Campus oopsluit. Mev. Kriel van Bloemfontein het heel eerste haar sleutel in die deur van die wenmotor getoets – dit het gepas en beteken die motor was hare!

Die tipe fondsinsamelingsprojekte is krities, aangesien die staatsubsidies vir liefdadigheidsorganisasies al hoe minder word. Engo is dankbaar vir die betrokkenheid van die gemeenskap by hierdie projek. Elke bydrae is soos `n vonk wat `n hele vuur van omgee aansteek.

Bloemnuus

Photos

Volksblad Kunstefees

Photos

Dischem

Photos

Bekendstellingsfunksie

Photos

Bloemskou 2016

Photos

Eternal hope Ewige hoop Tshepo esafeleng

Kontak Ons
  • Straatadres: van Heerdenweg 22, Wilgehof, Bloemfontein
  • Posadres: 12552, Brandhof, 9324
  • Tel: (051) 407 7222
  • Faks: (051) 525 2015
  • Epos: info@engo.co.za
Engo - Ewige hoop

ENGO is ‘n nie-winsgewende en nie-regeringsorganisasie wat hulp verleen en hoop skep in die lewens van mense. Dit is ‘n Christelike organisasie wat fokus op die versorging van kinders, bejaardes, gesinne, persone met gestremdhede en pasiënte in nood.

Daar is 34 kinder- en jeugsorgsentrums, 23 bejaardesorgsentrums, 14 gesinsorgkantore, vier kantore vir persone met gestremdhede en ses ondersteuningskantore vir hospitaalsorg is in die Vrystaat gevestig.

Engo lewer voorkomings-, beveiligings,-, versorgings-, opvoedings-, ontwikkelings- en behandelingsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe.

Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio.
© 2017. Engo. All right reserved.
Admin login