Tel: 051 407 7222
Volg ons
ENG
AFR

PSG Gholfdag 14 September 2017

  • Tuis
  • PSG Gholfdag 14 September 2017

PSG Gholfdag 14 September 2017

PSG Wealth het hulle jaarlikse gholfdag op 14 September 2017 aangebied. 

Die formaat was ‘n 4 bal alliansie. Daar het 37 spanne afgeslaan vroeg Donderdag oggend.

Soos met enige fondsinsameling sou die dag nie ‘n sukses kon wees sonder die samewerking van die gemeenskap en besighede nie.  Baie dankie aan Old Mutual wat ingestaan het as die hoofborg vir die dag.  Die nat gate was beman deur Netstar, Allan Gray, Windmill Casino, Coronation, Momentum en PPS.  ‘n Groot dankie ook aan Prudential, Puma, Liquor Land en Pride & Tyres vir die geskenkbewyse.

Alle fondse wat ingesamel is, is ten bate van Engo Vrystaat.

Engo wil graag vir PSG Wealth dankie sê dat hulle saam met ons hande gevat het om hoop te bring in die lewe van ander, hoop nie net vir nou nie maar vir altyd. Ewige hoop.
 
 
 
 

Eternal hope Ewige hoop Tshepo esafeleng

Kontak Ons
  • Straatadres: van Heerdenweg 22, Wilgehof, Bloemfontein
  • Posadres: 12552, Brandhof, 9324
  • Tel: (051) 407 7222
  • Faks: (051) 525 2015
  • Epos: info@engo.co.za
Engo - Ewige hoop

ENGO is ‘n nie-winsgewende en nie-regeringsorganisasie wat hulp verleen en hoop skep in die lewens van mense. Dit is ‘n Christelike organisasie wat fokus op die versorging van kinders, bejaardes, gesinne, persone met gestremdhede en pasiënte in nood.

Daar is 34 kinder- en jeugsorgsentrums, 23 bejaardesorgsentrums, 14 gesinsorgkantore, vier kantore vir persone met gestremdhede en ses ondersteuningskantore vir hospitaalsorg is in die Vrystaat gevestig.

Engo lewer voorkomings-, beveiligings,-, versorgings-, opvoedings-, ontwikkelings- en behandelingsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe.

Designed & Developed by Seven Lemons Design Studio.
© 2017. Engo. All right reserved.
Admin login